-
Die kamp kan bygewoon word deur enige persone, bo 18 jaar, wat dit
sinvol sal vind, ongeag die aard van die gestremdheid.
-
Elke gestremde persoon moet vergesel word van ‘n helper om bystand
te verleen met rondbeweeg en persoonlike versorging.
-
Die kamp se inhoud maak voorsiening daarvoor dat enige iemand van
enige denominasie gemaklik sal voel. Daar sal baie tyd spandeer word
aan Geestelike diepte en lofprysing, maar daar sal ook tyd wees vir
speel en pret.
-
Die kamp word gehou by Deo Volente Bush Adventures (besoek
www.dvadventures.co.za), ongeveer 40km buite Pretoria op die
Moloto-pad (Kwamhlanga).
-
Persone wat die kamp bywoon is verantwoordelik vir eie vervoer.
-
Kampers moet 8h00 Saterdagoggend arriveer, en die kamp sluit
ongeveer 14h00 Sondagmiddag af.
-
Die kamp word aangebied deur Willem Botha en vriende.
-
Daar is geen kampkostes nie. Alle kostes word gedek deur donasies.
Ons moet egter goeie bestuurders wees van die donasies wat aan ons
toevertrou word, en daarom vra ons dat jy jou bespreking as bindend
sal beskou, en nie sal kanselleer nie. Indien iemand nie opdaag nie,
moet ons steeds die koste van R400 per persoon oorbetaal aan Deo
Volente, en ontneem ons ‘n ander gestremde persoon van die
geleentheid om die kamp by te woon.
-
Waar van toepassing moet kampers self voorsien in spesiale
dieëtbehoeftes en mediese behoeftes.
-
Die terrein is redelik toeganklik vir rolstoele en persone wat
moeilik beweeg.
-
Slaapplekke is in gemeenskaplike kamers. Onthou, ons gaan nie baie
tyd hier spandeer nie!
-
Daar is genoeg storte en toilette, maar wat nie noodwendig
doelgemaak is vir gestremdes nie.
-
Die groot saal is maklik toeganklik vir rolstoele; etes en
besprekings word in die saal gehou.
-
Hoewel deelname sterk aangemoedig word, is geen aktiwiteite
verpligtend nie.
-
Die kamp word op eie risiko meegemaak.
-
Geen alkohol word op die terrein toegelaat nie.
-
Om jou plek op die kamp te verseker, voltooi asb so gou as moontlik
die inskrywingsvorm (klik
hier daarvoor >>), en e-pos of faks na die onderstaande nommer.